Our History

The story of P.G du Plessis

SeMoer Destination was officially opened in May 2019 by Philip and Lirie Marais. We hope that you
are as intrigued by the rich history of this farm
as we are.

 

“P.G. du Plessis is een van die boeiendste figure in die Afrikaanse letterkunde vanaf die laat sestigerjare van die twintigste eeu tot in 2017 met sy dood. Hy was ‘n veelsydige mens wat uitgeblink het in alles wat hy aangepak het – ‘n kleurvolle persoonlikheid wat met sy skerp intellek en groot woordvaardigheid ‘n sprankeling aan elke gesprek verleen het. PG is gebore op 14 Julie 1934 op Boshof in die Vrystaat. Hy het studeer aan die Universiteit van Pretoria met sy hoofvakke as Afrikaans en Geskiedenis. Daarna behaal hy ‘n onderwysdiploma in 1957 en word hy aangestel by Hoerskool Fakkel in die suidelike voorstede van Johannesburg.
Gedurende sy tyd by Fakkel het die hoof, mnr. W.S. van der Merwe se dogter Marie teruggekeer na drie jaar se verpleging in Engeland. Sy het PG se voete onder hom uitgeslaan en hulle is getroud. PG daarna verder studeer by die Universiteit van die Witwatersrand onder N.P. van Wyk Louw. Van Wyk Louw was vir PG ‘n
mentor, vriend en gespreksgenoot en die laaste stuk wat hy geskryf het was ‘n essay bestem vir ‘n boek oor Louw.

In 1983 sluit P.G. du Plessis, voor hy vyftig is, sy veelsydige beroepsloopbaan af en vra vir Marie of sy bereid sal wees om saam met hom armer te wees sodat hy sy vaste werk kan opgee en voltyds kan skryf. Marie het ingestem omdat sy besef het hoe belangrik dit vir hom was. PG en Marie kom woon in 1983 op die plaas wat hy Semoer noem. Hy het die plaas op Rysmierbult reeds in 1980 by sy skoonpa gekoop. Marie het geboer en PG het vir hom ‘n studeerkamer langs die huis gebou. Van klip uit die omgewing het hy die 70 cm-dik mure laat bou. Die studeerkamerwas sy toevlug, sy “heiligdom”, ‘n plek waar hy in stilte en afsondering kon dink en hardop praat met en oor sy karakters. Hy het ook ‘n kroeg gebou. Die kroegtoonbank was een enorme houtbalk wat hy met die grootste geduld natgemaak en gebuig het totdat hy die balk kon inbou as hierdie dik toonbankblad wat ‘n kurwe vorm. Dit was iets waarop hy baie trots was. Op die plaas het PG ook daglelies van alle soorte, kleure en vorms van alle oorde af gekweek, en dit was met die grootse genoee wat hy saam met jou tussen die lelies kon loop en verduidelik waar elkeen vandaan kom. Die kortstondigheid van die lelies was vir hom deel van hul bekoring.

Hier op die plaas het PG en Marie sewe-en-dertig jaar saam gewoon. Al die latere skryfwerk en die meeste van sy TV- en rolprentwerk het hier ontstaan. Ook die grootste aantal van sy kortverhale en die twee groot romans het hy hier geskryf. Hy het hier met ander gemeenskappe kennis gemaak, soos die delwers wat in die omgewing van Rysmierbult en verder wes in die Noordwes-provinsie werk. Maar hy kon ook idees en stories waarmee hy lank geloop het, hier rustig laat groei en ryp word.”

~ Uittreksel vanuit ‘P.G. du Plessis: Hy was ‘n rukkie pagter hier. ‘n Huldiging.’ Deur Heilna du Plooy.

 

Read more about the life and work of PG du Plessis

Kwêla Onderhoud met PG du Plessis

15 Julie, 2014 hou Coenie de Villiers ‘n gesprek met PG op die bekende Afrikaanse geselsprogram, Kwêla.

PG du Plessis oor Storievertel

Maroela Media het 18 Junie 2014 by dr. PG du Plessis op sy plaas gaan kuier en met hom gesels oor die kuns van storievertel.

PG du Plessis: Kaftans en Aanvaarding

Die bekroonde skrywer PG du Plessis het sy 80ste verjaarsdag saam met ʼn paar bekendes en aanhangers tydens ʼn spesiale verjaarsdagkonsert gevier.

Sandra Prinsloo gesels oor PG du Plessis

Maroela Media het ‘n draai by die aktrise Sandra Prinsloo gaan maak om met haar te gesels oor ervaring om saam met dr. PG du Plessis te werk.

'Siener in die Suburbs'

Hier gesels hy oor hoe hy “Siener in die Suburbs” op verskillende lughawens geskryf is.

PG du Plessis oor die skryfproses

Maroela Media het op 10 Julie 2014 by dr. PG du Plessis op sy plaas gaan kuier en met hom gesels oor die skryfproses.

PG du Plessis oor die impak van sy stories

Hier vertel hy waarom mense oor generasies heen steeds aanklank vind by sy stories.

'Fees van die Ongenooides'

Erns Grundling het met die onblusbare PG Du Plessis gesels op sy plaas in Noordwes, waar hy met klippe en woorde bou. Hy het ‘n paar paragrawe uit sy ‘Fees van die ongenooides’ voorgelees.

'Ek sal verkies om skrywend dood te gaan'

Willemien Brümmer het in 2015 met PG du Plessis nadat sy tydlose treffer ‘Siener in die Suburbs’ met sy hoeveelste ovasie toegejuig is. Intussen het sy skepper leer vrede maak met die ‘skoonheid van die kortstondigheid.’

SEMOER

Nestled away in the quiet valley of Rysmierbult on the edge of Gauteng province, lies the idyllic farm magic of Semoer.  This historic farm manor house can be exclusively yours; or you can choose to hire one of the small surrounding cottages.

CONTACT DETAILS

×